Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 12 Februarie 2026
Hier is tans 127 986 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Ligging van die deelstaat Brandenburg in Duitsland.

Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk] ; Nederduits: Bramborg/Brannenborg; Neder-Sorbies: Bramborska), amptelik die Deelstaat Brandenburg (Land Brandenburg, afkorting: BB; Land Brannenborg; Kraj Bramborska), is 'n deelstaat in die noordooste van Duitsland. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Potsdam. Brandenburg grens in die ooste aan Pole, in die suide aan die deelstaat Sakse, in die weste aan die deelstaat Sakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van die Elbe se rivierloop aan die deelstaat Nedersakse en in die noorde aan Mecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstad Berlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring.

Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik as markgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied van Pruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek Duitsland te word.

Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Sy infrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys. Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits: Metropolregion) Berlyn-Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig. Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soos Prignitz, Fläming, Spreewald, Oderbruch of Uckermark. In die omgewing van die stad Cottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhede bruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word.

Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.

...lees verder

In die nuus
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word

Het u geweet...

... dat die plant Welwitschia mirabilis, wat tot 600 jaar oud kan word, slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het.

... dat daar reeds in 1951 aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal begin werk is? Dit is die grootste woordeboek wat Afrikaanse woorde beskryf en is steeds nie voltooi nie.

... dat slegs een van die oorspronklike Sewe Wonders steeds bestaan? Buiten die Groot Piramide van Giza het almal vergaan.

... dat die Normandiese dialek Jèrriais nog steeds op die Kanaaleiland Jersey as omgangstaal gepraat word, alhoewel die eiland reeds sedert 1066 onder die Britse Kroon val? Jersey vorm egter nie deel van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie.

... dat die Groot en die Klein Magellaanse Wolk na Ferdinand Magellaan vernoem is, maar dat Al Soefi dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het? Hy verwys daarna in sy "Boek van sterre" wat uit 964 dateer.

Vandag in die geskiedenis

12 Februarie: Darwindag (1809), Lincoln se Verjaarsdag (Arizona, 1892)

Chinese keiser Puyi
Chinese keiser Puyi

Voorbladbeeld
'n Finnair Airbus A319-112 OH-LVL land by Helsinki-Vantaa-lughawe in sneeutoestande op 24 Februarie 2017.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering